Deur: Tjaart Lehmacher & Paula Oelofsen
Dioramas: Tjaart & Daniel Lehmacher
Taal: Afrikaans (deur Antjie Krog)
Ouderdomme: 6-12 jaar
Genre: Kinderfiksie
ISBN: 978-0-620-95549-2
Grootte: A4, 36 Volblad/volkleur foto's
Woorde: 3500+
Formaat: Hardeband
Uitgawe: 2
Gepubliseer: 2021
Opsomming van Die Maanling
‘n Maanling verlang na die aarde en ‘n tienjarige Aardling, Karel, verlang na niks meer in die lewe as om die maan en sterre te verken nie...
Gelukkig vind hierdie twee sielsmaatjies mekaar en kom tot ‘n dieperverwondering oor die lewe rondom hulle. Maar hoe langer die Maanling dinge op die groen en blou planeet dophou, hoe meer heimweë kry hy na die maan. Hy sien dat die aarde eintlik baie mooier van veraf is... Soos wat hulle vriendskap verdiep, so word die vrae meer. En terwyl Karel aan ’n oplossing werk om die Maanling terug op die maan te kry, wonder ‘n mens: is dit moontlik vir ‘n klein wesentjie van klip, om in ons harte van bloed, ‘n liefde vir hierdie tuiste van ons wakker te maak?
Twee tikfoute het in Die Maanling ingeglip.
Dit is natuurlik nie iets waaroor ons gelukkig is nie. Ons het deur die reeks emosies gegaan van ontkenning tot verleentheid tot wanhoop. Nou het ons dit aanvaar ... Om foute te maak is menslik.
Perfekte boeke bestaan nie, en selfs al het hulle, is perfeksie nie wat hulle verkoop nie. Dit is die kreatiwiteit en geloofwaardigheid wat met hulle verkry is.
Alle toekomstige gedrukte uitgawes sal vry van tikfoute wees. Vir nou werk ons aan die errata-glips, wie weet, jou kopie van Die Maanling mag dalk eendag 'n fortuin werd wees :)
Betalingsmetodes
Betaling kan geskied met Visa & MasterCard krediet- en tjekkaarte, Visa & Maestro-debietkaarte, PayPal of Instant EFT.